1KOOR

Met groot opgewondenheid kondig ons die grootste koorbyeenkoms van die jaar aan! 1KOOR is die geleentheid wat jy beslis nie wil misloop nie! Verskeie laerskool- en hoërskoolkore kom saam om een massakoor te vorm! Unieke koorklanke sal die arenas vul met twee spesiale vertonings, een in Pretoria 2023 en een in die Kaap in 2024.

DOELWITTE

Die doel van die inisiatief is grootliks bewusmaking ten opsigte van die ryk koorkultuur in Suid-Afrika en watter rol koorsang in kinders vanuit alle agtergronde se lewens speel.

Die 1KOOR span beoog ook om by te dra tot die ontwikkeling en bevordering van koorsang in Suid-Afrika deur leerders die kans te gun om, sonder kompetisie, saam met leerders van ander kore te sing, net omdat koorsing lekker is. ‘n Bonus is dat die leerders ‘n blik sal kry op die Afrikaanse musiekbedryf.

Kunstenaars

Gaan saam met ons terug in tyd 2022 vertoning snitlys

Bevordering van koorsang

1KOOR is ‘n inisiatief van iTickets in samewerking
met die Afrikaanse skoolgemeenskap.

Benodig u meer inligting?

Los jou besonderhede hieronder.